
=====================================================================
Afrikaans en die jeug (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Afrikaans en die jeug

Diegene wat Afrikaans wil bevorder, kla dikwels dat jong mense nie genoeg betrokke is nie. Die fout moet nie by die jeug gesoek word nie, 
s Z.B. du Toit.

Skaars 'n rimpeling is op die Afrikaanse kultuuroppervlak veroorsaak deur 'n onlangse voorstel van die Departement van Justisie dat 
Afrikaans as verslagtaal in die land se howe geskrap moet word. Van 'n omvattende kordinering tussen taal- en kultuurinstellings by wyse 
van verklarings of verto aan die staat was daar geen sprake nie. Om van wydlopende protes natuurlik nie eens te praat nie.

Daarmee is die bekende patroon voortgesit wat reeds in 1996 gevestig is toe die Konstitusionele Hof teen die aanl van 'n taaltoets vir 
toelating tot Afrikaanse skole beslis en Afrikaanse moedertaalskole dus tot 'n (tydelike?) demografiese toevalligheid verklaar het. Daarna 
het dieselfde hof die uitsluitlike gebruik van Engels in plaaslike owerhede die grondwetlike groen lig gegee, opgevolg deur 
regeringsuitsprake dat die dae van Afrikaanse universiteite verby is  alles sonder genoegsame ontsteltenis, onderlinge besinning en 
teenvoorstelle vanuit die bre Afrikaanse taal- en kultuurfront.

Intussen het Afrikaans reeds uit groot dele van die staatsdiens en semi-staatsinstellings verdwyn  ook sonder dat dit juis veel opslae 
gemaak het.

Die gerug dat pres. Thabo Mbeki sou ges het hy meen nie Afrikaanssprekendes is juis ontevrede oor die behandeling wat hulle taal tans 
ervaar nie omdat hy geen protes waarneem nie, is dalk onwaar. Maar aan die hand van bogenoemde voorbeelde sal dit verbaas as hy nie ten 
minste al 'n keer of wat onwillekeurig so gedink het nie.

Dalk moet die verklaring vir die huidige situasie gesoek word by die dikwels ouer mense wat aan die leiding van die meeste kultuur- en 
taalinstellings staan. Soms wek sommige van hulle die indruk dat hulle agenda daaruit bestaan om eers netjies uit die ou Suid-Afrika na die 
nuwe te beweeg en daarna, vanwe die yslike drag morele bagasie van die verlede, versigtig, hiperkorrek en beskroomd 'n staanplekkie vir 
Afrikaans uit te vroetel sonder enige kritiek op die waardes van die nuwe politiek-kulturele orde. Veral moet tog so ver moontlik weggebly 
word van enigiets wat kan lyk na politiek.

Wanneer jongmense nie geesdriftig raak nie, word egter bekommerd uit hierdie oorde gevra: Stel die jeug dan nie belang in die toekoms van 
Afrikaans nie?

Maar dit is hoegenaamd nie nodig om eens hierdie vraag te stel nie. Navorsing oor jong Afrikaners se etnies-kulturele bewustheid toon 
oorweldigend dat die jeug hoegenaamd nie onverskillig staan teenoor hulle taal nie. Soos die bekende ontleder prof. Lawrence Schlemmer dit 
stel: Jong mense se belewenis van hulle kultuuridentiteit is net so sterk as di van oueres. Geen tekens bestaan van jong mense in 'n 
uittog uit die etniese kultuurgemeenskap nie, maar hulle sal meer aangetrokke wees tot instellings wat die probleme in hulle daaglikse lewe 
aanspreek.

Dit is in hierdie daaglikse lewe waar die jeug die afskaling van hulle taal ervaar: Die onsekerheid oor Afrikaanse skole, die voortgesette 
verengelsing van eertydse Afrikaanse universiteite, die dwang tot die uitsluitlike gebruik van Engels by die werkplek, die moontlikheid van 
Engels as enigste hofverslagtaal; kortom, die ingrypende inkorting van die funksies van Afrikaans en die verskraling van die moontlikheid 
vir Afrikaanssprekendes om hulle taal sinvol in hulle beroepslewe en daarbuite aan te wend.

Soos di prentjie ontvou, word dit al hoe duideliker dat Afrikaans se belange nie doeltreffend beskerm en bevorder kan word in 'n soort 
politiek-korrekte taalkompartement nie. Nee, die oplaaiende krisis waarin Afrikaans verkeer, het klaarblyklik veel te make met 'n veel 
brer en omvattender werklikheid.

Dit behels onder meer die staatsorde  prof. Jaap Steyn het byvoorbeeld al twee jaar gelede in Afrikaans Vandag voorspel die huidige 
eenheidstaat kan die "dood in die pot" vir minderheidstale beteken. Ook ter sprake is die huidige staatsideologie van nasiebou en 
transformasie deur wat wesenlik 'n Engelse politieke elite is. Afrikaanse jong mense sien feitlik daagliks met hulle eie o hoe hierdie 
dryfvere aanhoudend tot nadeel van nie net Afrikaans nie, maar alle ander minderheidstale toegepas word.

Denkende jong mense neem dus stellig akuut waar hoe sogenaamde grondwetlike waarborge oor taal  wat met heelwat gebaar deur oueres beloof 
is  gaandeweg besig is om dooie letters op geduldige papier te word. Vir hulle het dit 'n daaglikse situasie van tasbare ongelykheid en 
diskriminasie meegebring wat dikwels nie op die oueres van toepassing is nie: Die onvermo om te leer, werk en speel in jou eie taal.

Waarskynlik net so opmerklik vir die jeug is die houding van 'n owerheid wat al hoe meer begin lyk na "hoflike minagting" van die regte van 
minderheidstale.

Die Afrikaanse jeug weet waarskynlik lankal instinktief  net soos jong lede van taalminderhede wreldwyd  dat taal nie net gaan oor taal 
nie, maar oor die verdieping van die demokrasie rondom die regte van minderhede, tasbaar uitgedruk in gelykheid en menswaardigheid. Hierdie 
uitdaging bestryk vanselfsprekend 'n wye veld: Taal en kultuur, ekonomie, vermaak en politiek. Strategies en takties vereis dit hoflikheid 
en redelikheid, maar dikwels ook ferm standpuntinnames en doeltreffende bedinging.

Daarteenoor is baie ouer Afrikaanssprekendes tans nog in 'n pynlike en stadige leerfase. Die vraag is nou of die jonges vir die oueres gaan 
wag om hierdie proses te voltooi en of hulle nie self die insiatief gaan begin neem rondom 'n veel ruimer werklikheidsbesef oor die 
uitdagings waarvoor Afrikaans te staan gekom het nie. Z.B. du Toit is 'n politieke joernalis by Rapport en skrywer van die boek Die Nuwe 
Toekoms  'n Perspektief op die Afrikaner by die Eeuwisseling.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7227.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

